Thursday, April 7, 2016



 
Bron: E-pos kommunikasie van Mutual & Federal op 07/04/2016
Geskryf deur Coenraad De Jager
Uitvoerende beampte: Kommersieel, Persoonlik & Verspreiding



Tuimelende rand sal ʼn impak op versekeringspremies hê
 
Tot dusver blyk dit dat 2016 ʼn moeilike jaar vir Suid-Afrika is, veral wat die ekonomie betref. Die rand het tot historiese lae vlakke verswak, wat tot ʼn algemene styging in pryse gelei het. Dit het die versekeringsindustrie in ʼn moeilike posisie geplaas en Mutual & Federal het ʼn groot deel van die koste geabsorbeer deur ons verkrygingsprosesse te verbeter. Daar sal egter steeds hoër as inflasie premieverhogings moet wees.
 

Effek op motorherstel
 
Die onderdele vir voertuigherstel wat van Europa, Asië en Amerika ingevoer word, word in buitelandse geldeenhede geprys. Dus, as gevolg van die verswakkende rand, het dit duurder geword om ʼn voertuig te herstel. Alhoewel die prys van ʼn voertuig oor tyd mag depresieër, sal die koste om dit te herstel hierdie jaar baie hoër as laasjaar wees. Ons sal daarom met hernuwing verhogings van 2% tot 3% meer as vroeër jare moet deurgee.
 

Toenemende batewaardes
 
Die swak rand het nie net die koste van ingevoerde onderdele geaffekteer nie, maar het ook ʼn negatiewe impak op die prys van persoonlike items soos selfone, skootrekenaars en tablette, asook huishoudelike inhoud gehad, wat tot ʼn groot mate ingevoer word. Terselftertyd het ons gesien dat boukoste ook bo die inflasiekoers toegeneem het. As gevolg daarvan was daar ʼn toename in die vervangingswaarde van die meeste huishoudelike goedere, elektronika en geboue.
 
Dit is belangrik om seker te maak dat die versekerde waardes van hierdie goedere dienooreenkomstig aangepas word sodat ons gemeenskaplike kliënte nie onderverseker gelaat word nie. Om hulle te help om seker te maak dat hulle voldoende gedek is, sal ons die outomatiese inflasionêre aanpassing wat ons by hernuwing toepas van 6% tot 8% verander. Dit sal vanaf 1 Junie 2016 in werking tree. Hierdie automatiese aanpassing dek
wel huisinhoud sowel as geboue, maar items onder alle risiko dekking moet individueel aangepas word.
 
Mutual & Federal word ook geraak en moet dus voorsiening maak vir die verhoogde koste om diens aan ons kliënte te lewer. Daarom sal ons polisfooi binnekort effens verhoog.
 

Hulp aan ons kliënte gedurende hierdie moeilike tye
 
Ons verkrygingspan onderhandel aktief met ons verskaffers om die styging in onderdeelpryse te beperk en ons beplan om van hierdie motoronderdele plaaslik te verkry, om prysstygings te verminder sonder om kwaliteit prys te gee. Ons kyk ook na maniere om groothandelonderdeelvervangings te verminder en om meer herstelwerk aan onderdele te doen, teen ʼn laer koste.