Tuesday, December 4, 2018



NUUSBRIEF                                                                          DESEMBER 2018
GEAGTE KLIȄNTE EN ASSOSIATE:

Met die einde van die jaar in sig, wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om terug te kyk na die gebeure van 2018: Ons bedank elkeen van julle vir jul voortgesette ondersteuning gedurende die jaar.
2018 was ‘n uitdagende jaar met ‘n wisselvallige aandele mark wat die grootste struikelblok was.

Ons verwag dat 2019 nog steeds wissellvallig gaan wees tot en met die algemene verkiesing, maar dat die mark en ekonomie sal verbeter daarna.

Ons is dankbaar vir ons familiebesigheid en al ons kliënte en assosiate. Ons is daartoe verbind om vir elke kliënt ‘n persoonlike finansiële behoefte ontleding te voltooi en beplanning daarvolgens voor te stel om sodoende elke kliënt se individuele doelwitte te bepaal en te bereik.

RISIKO DEKKING: DOOD, ONGESKIKTHEID EN GEVREESDE SIEKTE:

Vinnige vooruitgang van die mediese wetenskap maak dit moontlik om voorheen lewensbedreigende siektes soos kanker te behandel en te genees. Gevorderde behandelings is egter duur. Om hierdie rede is omvattende gevreesdesiektedekking noodsaaklik.
Ongeveer 100 000 Suid-Afrikaners word elke jaar met kanker gediagnoseer. Baie van hierdie pasiënte bevind hulself dan onder finansiële druk aangesien mediese skemas nie die kostes van behandeling en medikasie ten volle dek nie.
Gevreesdesiektedekking het ten doel om omvattende dekking teen ’n bekostigbare prys te verskaf. Ons het self gedurende hierdie jaar eise suksesvol behartig van kliënte wat ‘n Gevreesde Siekte opgedoen het.
Dit is opmerklik dat kliënte al hoe jonger gediagnoseer word met ‘n gevreesde siekte.
Ons kan dus nie genoeg die belangrikheid van hierdie dekking beklemtoon nie. Ons harte gaan uit aan almal wat siektes het en ook diegene wat iemand aan die dood moes afstaan.

Meeste mense is bewus van die Momentum insident onlangs in die nuus waar ‘n doodseis geweier is op grond van nie-openbaarmaking van die kliënt se mediese kondisie.
Juis om hierdie rede word daar soveel sorg geneem voor enige risiko dekking uitgereik word. Sodoende word daar probleme op eis stadium verhoed. Ons probeer ten alle tye om van die heel beste produkte voor te stel vir ons kliënte.
Kontak ons gerus vir meer inligting oor RISIKO DEKKING.
Dis belangrik om jul risiko voordele jaarliks te hersien. Maak dus seker die jaarlikse afsprake word nagekom.


AFTREDE:


Daar word baie gepraat en artikels geskryf, bv. Moneyweb, oor Suid-Afrikaners se tekort aan aftreespaargeld.

Dis van kritiese belang dat aftreebeplanning jaarliks hersien word en pensioenarisse se posisie ook hersien word.

67% van alle mense wat bedank neem hul aftree geld in kontant. Die impak hiervan, nie net met aftrede nie, maar ook met belasting implikasies, kan katastrofies wees.

Wanneer ‘n persoon bedank is daar opsies beskikbaar om jou aftree geld te beskerm.

Dit is uiters belangrik dat daar met bedanking of aftrede met ‘n Finansiële Adviseur gekonsolteer word. Ons as Adviseurs sal vir die kliënt ‘n volledige verslag saamstel wat die posisie duidelik op aftrede sal uitwys sowel as alle belasting implikasies.

Steeds in die versoeking om jou aftreespaargeld te onttrek? Lees hier watter impak dit op jou aftree-inkomste sal hê.
https://businesstech.co.za/news/banking/260419/2-very-different-retirement-scenarios-in-south-africa/
Kontak ons gerus vir meer inligting oor BEDANKING en AFTREDE.
 
 BELEGGINGS:

Soos heel aan die begin genoem was hierdie jaar ontsettend uidagend wat die aandele mark betref.

Die groei op die JSE Alle Aandele (ALSI) was -11.2% oor 1 jaar vanaf 29 Nov 2017 tot 29 Nov 2018. Oor dieselfde termyn het al ons verpakkings die mark uitpresteer.
Ons maak gebruik van die beste fondsbestuurders en vergader gereeld met hulle om die beste verpakkings moontlik saam te stel vir ons kliënte.
Beleggings is die grootste enkele komponent van ons praktyk, en juis daarom skenk ons die meeste aandag aan hierdie komponent.
Dit is belangrik om gediversifiseerde modelle te bou en om by elke kliënt se langtermyn doelwitte te hou, en om nie emosionele kort-termyn besluite te neem nie.

`n Onlangse artikel op IOL.co.za het net weereens gewys die waarde wat `n goeie adviseur kan bied: Research suggests that engaging with a trusted and qualified adviser and making the correct financial planning decisions can add 1.82% a year to a client’s returns over time, compared to someone without an adviser.”                        

Hersieningsafsprake met beleggingskliënte is uiters belangrik. Hierdie afsprake bied ons die geleentheid om oor die beleggingswêreld te gesels en ook om herbalansering van die verpakkings toe te pas waar nodig.

Ons missie is steeds die skepping en behoud van welvaart asook beskerming teen finansiële risikos vir elke kliënt.
 

 KORTTERMYN – VERSEKERING:

Dit is belangrik om jou versekeringspolisse jaarliks te hersien en na te gaan om te bepaal of jy korrek verseker is. Met hernuwing, lees die opsomming met die aanbevelings en notas noukeurig deur.
Stel ons asseblief in kennis as jou kontakbesonderhede verander het.

Vra jouself hierdie belangrike vrae af:
·         Het jou lewensfase of lewensomstandighede verander?
·         Is jou motorversekering op datum, in aggenome dat voertuie se waarde jaarliks verminder?
·         Wat is die huidige vervangingswaarde van jou huisinhoud?
·         Is jou huiseienaarsversekering voldoende om jou huis teen volle waarde te vervang?

Vir baie entrepreneurs wat ’n besigheid van die huis af bedryf verdof die lyne tussen persoonlike en besigheidsversekering ietwat. Die werklikheid is dat ’n besigheidsversekeringspolis benodig word om die tipiese risiko’s van ’n besigheid te dek.

Dink aan die verlies van voorraad weens diefstal of ’n brand, of IT-bates soos skootrekenaars, wat ‘n ramp vir klein ondernemings kan wees. Om te verseker jou onderneming is gedek vir alle moontlike risiko-scenario’s, is dit noodsaaklik om eers ’n deeglike behoefte-ontleding te doen. Doen jaarliks ‘n inventaris om die werklike vervangingswaarde van items te bepaal.

Kontak ons asseblief indien jul enige navrae het rondom premies, diens of enige algemene navrae.
Ons verbind onsself tot uitstekende diens, dus is ons altyd oop vir enige terugvoering.
Moet nie oorhaastig na ‘n ander versekeraar oorskuif nie. Ons het afslagmandate by die versekeraars en kan altyd onderhandel vir mededingende premies.

Vir navrae buite ons kantoorure: (Hou asseblief die polisnommer of I.D. nommer van die polishouer byderhand met die oproep)

OM Insure
Tel: 0861 247 365               Eise, Noodgevalle, Swiftcare, Padbystand, huishoudelike en mediese noodgevalle. Swiftcare het `n selfoon app wat in noodgevalle gebruik kan word. Kontak ons gerus vir meer inligting oor die app.
Tel: 0860 637 373                Navrae, byvoorbeeld items byvoeg of verwyder of enige ander wysigings.

Santam
Tel: 0860 505 911               Eise, noodgevalle, SOS, Padbystand, asook huishoudelike en mediese noodgevalle. Santam het ook `n selfoon app. Vir meer inligting oor die app kontak ons gerus.
Tel: 0860 726 826                Navrae, byvoorbeeld items byvoeg of verwyder of enige ander wysigings.

Auto & General                                  
Tel: 021 527 8666                Alle eise, navrae en wysigings.
Tel: 0860 104 210                Noodgevalle na-ure.

Kontak ons gerus indien jy jou versekeringspolis wil HERSIEN of VERANDERINGE wil aanbring.
 

 VOLDOENING:

Ons voldoening word steeds deur Masthead, die grootste netwerk van onafhanklike adviseurs, hanteer.  Ons is trots ons voldoening is op datum en dat ons elke kwartaal ‘n gesonde oudit ontvang. Dankie aan almal by Masthead wat seker maak ons praktyk voldoen aan al die regulasies. Ons bedank ook die verskeie regs adviseurs op wie ons altyd kan staatmaak.


OPVOLGPLAN:

‘n Doeltreffende opvolgplan is ‘n belangrike vereiste vir die FSB en ons opvolgplan word ten volle goedgekeur deur hulle, waarop ons baie trots is.
Antoni en Marco is reeds ten volle betrokke by alle aspekte van ons besigheid, sodat die besigheid presies kan voortbestaan soos tans al sou Toni en/of Elmarie nie meer werksaam wees nie. Ons beoog ook om vir die min kliënte wat nog nie vir Antoni en Marco ontmoet het nie, te kom voorstel volgende jaar.

WEBTUISTE:

Ons is van plan om volgende jaar ons praktyk se logo te herontwerp en ons webtuiste op te dateer om tred te hou met die industrie.
Ons moedig ook al ons kliënte wat op facebook is aan om ons bladsy op facebook te gaan deel en sodoende kan julle ook regstreeks inligting vanaf facebook ontvang.  Kliek hier om ons Facebook blad te besoek
https://www.facebook.com/tvzfinancialservices

MEDELYE, GELUKWENSE EN INSPIRASIE:

Dit is met baie hartseer dat ons moes afskeid neem van Tannie Sarie wat vroeër die jaar gesterf het. Tannie Sarie was een van ons geliefkoosde kliënte van meer as 20 jaar wie ons baie sal mis.
Van ons jongmense het beurse losgeslaan. Baie geluk aan julle, ons is baie trots op julle.

BELASTING:

SARS het hierdie jaar baie oudits gedoen vir werklike mediese uitgawes.
Mediese uitgawes wat nie op die mediese fonds sertifikaat verskyn het nie, is gereeld bevraagteken. SARS raak toenemend strenger om eise goed te keur en versoek bewyse van enige eise wat ingedien word. Oudits het ook gereeld tot 30 werksdae geneem om af te handel. Ons is eerstens finansiële adviseurs, en belasting word gedoen om by hierdie advies aan te sluit. Ons kan dus suksesvol belasting indien, maar kan nie enige eise betalings waarborg of bespoedig nie.

AFSLUITING:

Ons suksesse in die praktyk hang direk van jul, ons kliënte, af.  Ons is nederig dankbaar en wil ons waardering uitspreek teenoor elke kliënt vir jul volgehoue ondersteuning. Welkom aan al ons nuwe kliënte wat hierdie jaar by ons aangesluit het.
Ons versoek kliënte asseblief vriendelik om ons by die kantoor te kontak, om te verseker daar word dadelik aan julle versoek aandag gegee. As die adviseur uit die kantoor is, is dit nie altyd moontlik om vroegtydig en doeltreffend aan julle versoeke aandag te gee nie.
2018 was ‘n besige jaar en ons sien uit na die ruskans wat kom. Ons is opgewonde oor 2019.

Die kantore sal sluit op Donderdag 20 Desember en heropen op Maandag 7 Januarie 2019. Ons het ons jaareindfunkie op Vrydag 14 Desember en sal vanaf 12:00 nie beskikbaar wees nie. Ons vra verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.

Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige Nuwejaar! Veilig reis en geniet die feestyd saam met jul geliefdes.

.
Baie groete van ons almal by Toni van Zyl Finansiële dienste