Friday, March 10, 2017

Nuusbrief Maart 2017



Geagte kliënte en assosiate,                                                                                                                                             
Ons is dankbaar dat 2017 baie positief afgeskop het, inteenstelling met verlede jaar. In Februarie 2016 was Suid Afrika se ekonomie nog in skok na die “Nenegate” debakel, `n skok wat ons geldeenheid en markte onder geweldige druk geplaas het.
Die Rand wisselkoers het intussen die afgelope jaar uitstekend teen die vernaamste geldeenhede presteer en die markte is stadig maar seker besig om te herstel. Menigte ekonome voorspel dat inflasie besig is om af te neem en dat rentekoerse teen die einde van die jaar verlaag sal word.  
                        
          Die tabel hieronder is `n vergelyking van die wisselkoers en die JSE oor die laaste 2 jaar.

28 Feb 2016
28 Feb 2017
Rand/Dollar
R16.17
R13.00
Rand/Pond
R22.43
R16.14
JSE ALSI 1 Jaar opbrengs
-7.34%
(27/2/2015 – 26/2/2017)
9.05%
(26/2/2016 – 13/1/2017)

Begroting 2017  
Die jaar se begroting was ietwat meer optimisties in vergelyking met 2016, maar daar was `n paar belasting verhogings wat die verbruiker se besteebare inkomste  in 2017 kan beïnvloed. Die departement van Finansies is ook vasbeslote om die regering se spandering te beperk, so daar word bespiegel dat pakkette binnekort aan sekere staatsbeamptes aangebied kan word. Indien jy jou in so ‘n posisie bevind, of bewus is van iemand wat ‘n pakket aangebied is, nader ons asseblief uiters dringend vir advies, aangesien verkeerde besluite wat nou geneem word jou in die kort- en langtermyn duur te staan kan kom deur onder andere belastingimplikasies.

Hier volg so paar belangrike verhogings soos deur Minister Gordhan aangekondig:
  • Persone wat meer as R1.5 miljoen per jaar inkomste verdien sal nou 45% moet afstaan aan inkomste belasting.
  • Die algemene brandstof heffing verhoog met 30c/liter en pad ongeluk fonds heffing met 9c/liter
  • Dividende belasting is verhoog van 15% na 20%.
  • Gebruikers van alkohol en tabak kan ook `n verhoging van 6%-10% verwag.
  Dis darem nie net verhogings nie, daar is ook verskeie voordele wat geniet kan word:
  • Eiendomme onder R900 000 kan nou aangekoop word sonder dat daar oordragskostes betaalbaar is.
  • Die perk op belastingvrye beleggings was verhoog van R30 000 tot R33 000 per jaar. Kontak ons gerus om meer inligting te bekom oor hoe om die voordeel ten volle te benut.
  • Tot en met 27.5% van alle aftrede bydraes kan terug ge-eis word van belasting. Belastingbetalers wat in die hoogste belasting kategorie val kan tot R350 000 van hul aftree bydrae terugeis van die ontvanger. Die maatskaplike toelaag vir pensioenarisse bo 60 was onlangs verhoog na R1600 per maand en R1620 vir pensioenarisse oor 70 jaar. Hierdie toelae skiet ver tekort in verhouding met werklike lewensonkostes. Aftreebeplanning is dus `n slim keuse vir belastingverligting asook uiters noodsaaklik.
  • Die meerderheid belastingbetalers sal minder inkomste belasting oor die volgende finansiële jaar betaal.
              Die onderstaande tabel gee voorbeelde van wat belastingbetalers in sekere kategorieë kan verwag om in die 2017/2018 belasting jaar te betaal.
Belasbare Inkomste
2017/17 Koers
2017/18 Koers
Belasting verandering (R)
% verandering
R150 000
R13 500
R13 365
-135
-1.0%
R300 000
R49 780
R49 348
-432
-0.9%
R500 000
R116 460
R115 824
-636
-0.5%
R750 000
R213 431
R212 490
-941
-0.4%
R1000 000
R315 931
R314 990
-941
-0.3%
R1500 000
R520 931
R519 990
-941
-0.2%
R2000 000
R725 931
R744 990
-941
2.6%

Onthou die belastingjaar het 1 Maart begin – So hou jou logboek op datum, bewaar enige fakture/strokies en hou rekord van alle mediese uigawes om belasting indiening later die jaar te vergemaklik. 

Beleggings en welvaartskepping
2016 was verseker `n wisselvallige jaar vir die markte, maar soos vroeër genoem, blyk dit wel of die markte besig is om te draai. 
Die twee tabelle hieronder is `n goeie voorbeeld van presies hoe wisselvallig die mark was. Die tabelle is gebaseer op fondse met hoë aandele blootstelling wat op lang periodes uitpresteer het en nou heelwat veld verloor het in 2016. Daarteenoor het fondse wat onder presteer het oor lang periodes, weer top presteer in 2016. 

Top 3 fondse posisies oor 3 jaar tot Des 2015
Posisie in 2016
Nr 1

Nr 102
Nr 2

Nr 92
Nr 3

Nr 98
Top 3 fondse in 2016

Posisie oor 3 jaar tot Des 2015
Nr 1

Nr 103
Nr 2

Nr 101
Nr 3
Nr 78 (*fonds bestaan sedert 1 Nov 2013)









Bostaande is weereens ‘n bewys dat niemand die markte akkuraat vooruit kan skat nie. By TVZ, wat erkende Top Fondsbestuurders beaam, is ons oortuig dat welvaartskepping oor die lang termyn slegs kan plaasvind deur:
           -  voldoende diversifikasie, 
           -  die gebruik van erkende fondsbestuurders met uitstekende resultate oor die langer termyne, 
           -  om doelgerig by jou beleggings strategie/ plan te hou deur die goeie tye asook tye van swakker opbrengs, 
           -  en om nie emosionele besluite te neem nie.

Risiko dekking: Lewens-, Ongeskiktheids- en Traumadekking
Ons kan nie genoeg die belangrikheid van Risiko dekking beklemtoon nie: Ons moedig dus al ons kliënte aan om by ons seker te maak hul en hul geliefdes is voldoende gedek is met dood, asook in geval van ongeskiktheid en trauma. Ons het onlangs `n trauma eis van `n kliënt gehad wat met kanker gediagnoseer is. Die kanker was gelukkig vroeg genoeg opgespoor en behandel. Die trauma eis het ook ten volle uitbetaal aan die kliënt sonder vertraging. Vanaf 1 April 2017 sal daar nuwe regulasies in plek wees om limiete te plaas op gapings dekking (gap cover). Dus kan ‘n gevreesde siekte buiten die emosionele impak ‘n enorme impak op jou finansiële situasie hê indien die nodige dekking nie in plek is nie.  Nader ons gerus vir ‘n volledige behoefte ontleding.

Korttermynversekering
2016 was `n goeie jaar vir ons korttermyn afdeling. 90% van alle eise was uitbetaal, waar die oorblywende eise slegs as gevolg van items wat nie gedek was nie, afgekeur was. Ons wil julle graag herinner om seker te maak dat jul dekking op datum is. Indien jy onder verseker is, sal die versekeraar nie die volle bedrag uitbetaal nie.
Ons word gereeld genader deur kliënte wat wil weg beweeg van direkte versekeraars. Een groot rede is die swak diens wat hulle by die kontaksentrum ontvang. In ander gevalle is die premie wel minder as die groot versekeraars, maar daar is allerhande addisionele bybetalings bygevoeg wat maklik is om mis te kyk. By TVZ weet jy presies met wie jy praat en ons is jou kontak persoon, dus hoef jy nie elke keer met verskillende persone te praat nie. Die versekeraars wat ons van gebruik maak sal nie onnodige bybetalings op jou polisse plaas nie.  Ons sal ook seker maak dat jy as kliënt alles verstaan op jou polis kontrak.
Kontak ons gerus vir enige navrae oor korttermyn versekering.

Afsluiting
Kom ons beoog om 2017 te spaar, om twee keer te dink voor ons onnodige uitgawes aangaan;  om skuld te verminder;  te spaar vir aftrede, onvoorsiene omstandighede, ons nageslag en ook om water te bespaar, ons waardevolste hulpbron.
Besoek gerus ons webtuiste, www.tvzfinancialservices.co.za, of  Facebook-blad om informasie te kry oor huidige mark toestande, interessante nuus in die versekerings bedryf of om kommentaar te lewer. Ons is wel bewus dat “word of mouth” nogsteeds een van die beste maniere is van bemarking. So verwys gerus julle vriende, familie-lede of kollegas na ons vir `n gratis finansiële ontleding.

Baie groete
Van ons almal by Toni van Zyl Finansiële Dienste

No comments:

Post a Comment